Enid Blyton

Enid Blyton
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Boeke wat sy geskryf het.

Bynaam Mary Pollock
Geboortenaam Enid Mary Blyton
Geboorte 11 Augustus 1897
East Dulwich, Suid-Londen
Sterfte 28 November 1968
Hampstead, Londen
Nasionaliteit Verenigde Koninkryk
Beroep Skrywer, digter, onderwyser
Genre Kinderboeke
Termyn in amp 1922–1968
Bekende werke Noddy, Famous Five, Secret Seven

Enid Blyton (1897–1968) was ’n Britse skrywer van kinderboeke. Sy is veral bekend vir haar reekse oor Knikkie (Noddy), die Famous Five en Secret Seven. Sedert die 1930's is meer as 600 miljoen eksemplare van haar boeke verkoop. Hoewel sy lank gelede oorlede is, is haar werk steeds gewild by kinders.[1][2]

Blyton se werk bestaan onder andere uit boekreekse met terugkerende karakters vir verskillende ouderdomsgroepe. Haar boeke is verbeeldingryk, maar gewoonlik sonder towerkuns. Die boeke is in bykans 90 tale vertaal en is veral gewild in lande soos Engeland en Australië.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. De Groene Reisgids, Noor-Engeland & Wales, Lannoo, 2016

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search